Pages

Thursday 11 August 2011

NEGATIEF VS POSITIEF – GELUK EN SUKSES IS JOU KEUSE

Hoekom is dit so maklik om negatief te wees?  

Negatiwiteit, trek negatiewe reaksies wat daartoe lei dat negatiewe dinge gebeur.  Positiewe gedagtes en spraak trek positiewe reaksies wat daartoe lei dat positiewe dinge met jou gebeur.

Hoekom wil jy dag na dag op die rand van die afgrond leef as jy net kan omdraai en wegstap van die situasie af?  Hoekom, want negatiewe dinge wat jy dink, sê en doen trek jou meer en meer die dieptes van die afgrond af!

Wat stuur ‘n mens na negatiwiteit?

·        Het julle al gehoor van “sublime messaging”?

Wat is Sublime Messaging?

Sublime Messaging is ‘n versteekte boodskap in iets wat mens onbewustelik negatief of positief beïnvloed.

Sublime messaging kry mens elke dag mee te doen...

1.  Die media (TV, advertensies ens.)
2.  Musiek
3.  Mense met wie jy te doen kry

·        Negatiewe gedagtes

Negatiewe gedagtes wat jy bewustelik en onbewustelik oor en oor vir jouself herhaal.  As jy herhaaldelik vir jouself sê dat jy iets nie kan doen nie, dan gaan jy glo dat jy dit nie kan doen nie.

·        Negatiewe Spraak

Sê jy gereeld negatiewe dinge oor jouself?  Wel, jy gaan dit later glo en dit gaan werklik met jou gebeur as jy dit glo.  Dit word genoem “The law of attraction” – What you say is what you get!  Of volgens die Skrif: " Wat jy vrees sal jou oorkom"

MOENIE iets sê wat jy nie WIL hê nie!  Bv. As jy vir jouself sê “Ag, ek is STUPID!” Of onnosel, mal, of iets dergeliks..... Dan gaan jy DIT wees!
 

Jy kan ook negatiewe mense aantrek as jy self negatief is.  Kyk na jou vriende... is hulle net so negatief soos jy?  Onthou:  Soort soek soort.  Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.  Moenie toelaat dat jou vriende se negatiwiteit jou vorm nie.  Suksesvolle mense word deur suksesvolle mense omring en bring sodoende meer sukses in hul lewens.  Negatiewe mense word deur negatiewe mense omring, die hele groep is “LOOSERS”!

Watter groep gaan die minste sukses behaal in die toekoms?

  • Die “Bleek Siele”in jou skool”?
  • Arm kinders
  • Die “Super Sterre” en ryk kinders?
  • Die Ongewildes, Rebelle, Belhamels en Anargiste? 
Die laasgenoemde groep staan die kleinste kans tot sukses!

Sukses word nie bepaal deur jou ouers of iemand anders nie.  Jy is self verantwoordelik vir jou sukses.  Alhoewel opvoeding ‘n groot rol speel, beteken dit nie dat as jy arm groot geword het dat jy geen opvoeding gehad het nie.  Daar is soveel “Super Sterre”daar buite wat geen opvoeding van hul ouers ontvang het nie en alhoewel hul “ster status”het, beteken dit ook nie dat hul klas, integriteit of standaarde het nie.

Onthou, dit beteken nie as jou ouers nie hope geld het nie dat jy maar een van die varke is en jy jou met die semels moet meng nie.  Integriteit en hoë standaarde het niks met jou ouers se bank balans uit te waai nie en ook nie jou “Attitude” of gebrek daaraan nie.  Jou houding teenoor ander en die lewe spreek boekdele van wie en wat jy is.

Houding, standaarde en integriteit word geken aan:

ü      Jou gedrag
ü      Jou klere (netjies of onnet, nie IN die mode nie)
ü      Jou vriende
ü      Jou taalgebruik
ü      Jou houding 

Dit is een ding om arm te wees... maar om “COMMON” en arm te wees is onvergeeflik.
Dan is daar niks so erg in die lewe as mense met mag en geld wat “COMMON” is nie (Trash with Cash).  Geld en roem kan nie styl koop nie en geld kan ook nie sukses waarborg nie.  Jou “Positive Attitude” kan wel.  ‘n Positiewe houding kan baie vermag.  ‘n Positiewe houding is MAG!  Deur positief te wees kan jy die wêreld verower!  Deur slegs ‘n positiewe houding te hê... het jy styl EN mag oor negatiwiteit in die lewe.  Met ‘n positiewe houding is JY in beheer van jou lewe, jou sukses en jou toekoms.

Eerste Indrukke:

Onthou, ‘n eerste indruk is ‘n blywende indruk en dit is bitter moeilik om dit te verander.  As jy ‘n negatiewe indruk geskep het gaan dit baie verg om ander mense te oortuig dat jy integriteit en standaarde het.  Indien jy enigsins ‘n negatiewe indruk geskep het, of dit nou by jou maats, skool of werkplek was, gaan dit baie oortuiging verg om jou beeld te verander.  Jou selfbeeld kan ook ‘n lelike knou kry en jy kan geen vertroue in jouself hê nie. 

Eerstens sal jy jou selfbeeld moet verander met positiewe gedagtes.  Hoe meer positief jy oor jouself voel, hoe meer gaan ander oor jou positief wees.

Daarna moet jy kyk na jou houding.  Gee jouself ‘n “Mind Make-over”.  Verander onmiddelik jou gedagtes en spraak gewoontes.  Dis hierdie dinge wat jou karakter gee en jou persoonlikheid vorm.

Dan kyk jy na jou kleredrag en vriende kring.  As jy jou vriende nie positief kan beïnvloed nie, dan moet hulle maar vir hulle ander vriende gaan soek wat net soos hulle dink en redeneer.  Onthou, vriende wat onwillig is om hul slegte gewoontes en denkwyse te verander gaan jou net weer negatief beïnvloed en jou selfbeeld afkraak om by hulle te pas.

HOU OP OM JOU MET DIE SEMELS TE MENG... JY IS NIE VARK KOS NIE!