Pages

Gedigte

Kan ek...


Kan ek vir jou
die son gaan wys
anderkant die heuwels
waar die dag verrys?

Kan ek vir jou
‘n stukkie geluk gaan haal
daar waar die rivier
dit tot sand vermaal?

Kan ek vir jou
‘n liedjie sing
die soort wat weer
‘n lag
in jou
stem
sal bring?